Regring 'moet behuisingsagterstand gebruik vir ontwikkeling'

Loading player...
Die regering word aangespoor om inisiatief te neem en op te hou om op buitelandse beleggings staat te maak om kwessies soos behuisingsvoorsiening en werkskepping aan te spreek. Volgens die voorsitter van die Economic and Social Justice-trust, Herbert Jauch, is Namibië se behuisingsagterstand van 300 000 nie net 'n krisis nie, maar 'n gemiste geleentheid. Hy sê om op markkragte en buitelandse beleggers te vertrou het misluk, en slegs dapper staatsingryping kan behuising in werk, ekonomiese groei en waardigheid vir duisende Namibiërs omskep.
30 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fosa het ook kommer oor Zuma se Indië besoek

Die Forum for South Africa het kommer uitgespreek oor oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië. Hy is tydens die reis afgeneem saam met Suid-Afrika se hoë kommissaris in Indië, Anil Sooklal, en die vermeende staatskaping-argitek, Ajay Gupta. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ondersoek nou die kwessie…
6 Jul 6AM 1 min

Bellingham sê Mexiko-wedstryd was trotsste oomblik ooit

Engelse speler Jude Bellingham sê hy was nog nooit so trots nie. Dit kom na Engeland die mede-gasheer, Mexiko, 3-2 uitgeskakel en speel nou teen Noorweë. Bellingham het binne 98 sekondes twee doele aangeteken en kaptein Harry Kane het die oorwinning vir Engeland verseker met 'n strafdoel. Hy sê was…
6 Jul 6AM 1 min

Hindernisse is soms die skuld van die SME en nie owerhede nie

Die Khomas-streeksraad het verlede week ’n inligtingsessie vir geleenthede vir ondernemings van klein- en mediumgrootte gehou. Een van die gesprekke wat gevoer is, het gehandel oor die SME-fonds wat deur GIZ Namibia befonds word. Baie entrepreneurs het tydens hierdie gesprekke hul ervarings gedeel oor die toetredinghindernisse wat hulle ondervind as…
6 Jul 6AM 1 min

Amutse moet verduidelik oor sy Nasan-besluit, meen kenner

Reaksie word ontvang energieminister Modestus Amutse wat die voorwaardes van die Mededingingskommissie oor Nasan Energies se oorname van 52 vulstasies opgeskort het. Die kommissie het gesê dat Nasan vir vyf jaar geen brandstof van Vivo of sy filiale mag aankoop nie. Amutse sê die geopolitieke onstabiliteit in die Midde-Ooste het…
6 Jul 6AM 1 min