Regring 'moet behuisingsagterstand gebruik vir ontwikkeling'

Loading player...
Die regering word aangespoor om inisiatief te neem en op te hou om op buitelandse beleggings staat te maak om kwessies soos behuisingsvoorsiening en werkskepping aan te spreek. Volgens die voorsitter van die Economic and Social Justice-trust, Herbert Jauch, is Namibië se behuisingsagterstand van 300 000 nie net 'n krisis nie, maar 'n gemiste geleentheid. Hy sê om op markkragte en buitelandse beleggers te vertrou het misluk, en slegs dapper staatsingryping kan behuising in werk, ekonomiese groei en waardigheid vir duisende Namibiërs omskep.
30 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rusland gaan Kiëf glo tydens kouefront spaar

Die Amerikaanse president Donald Trump sê sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, het ingestem om Kiëf en verskeie ander dorpe nie tydens 'n koue vlaag aan te val nie. Die Kremlin het bevestig hy het ingestem om aanvalle op Kiëf tot Sondag te staak om "gunstige toestande" vir vredesonderhandelinge te skep…
31 Jan 3AM 1 min

Strafregstelsel IN SA moet hersien word

Die uittredende nasionale direkteur van openbare vervolging, Shamila Batohi, vra vir sterker misdaadintelligensie, strenger optrede teen vertragingstaktiek, en beter beskerming vir ondersoekbeamptes, aanklaers en fluitjieblasers. In die Nasionale Vervolgingsgesag se vorderingsverslag sê sy dis noodsaaklik om werksverrigting regoor die regstelsel in lyn te bring. Sy het ook die vordering by…
31 Jan 2AM 1 min

Subsidies vir entstof teen knopvelsiekte

Die Lewendehawe- en Lewendehawe Produkteraad het die gedeeltelike subsidiëring van knopvelsiekte-entstof vanaf môre goedgekeur. Die subsidie word toegeken op 'n eerste-daar-eerste-bedien-basis en fondse is beperk. Die eerste subsidieperiode is vir 1 September verlede jaar tot 31 Maart vanjaar en die tweede van 1 April tot 31 Maart 2027. Kosmos 94.1…
31 Jan 1AM 1 min

Bestendige rentekoerse goeie nuus vir boere

Standard Bank se hoof van landbousake in Suid-Afrika, Brendan Jacobs, sê die Reserwebank se besluit om rentekoerse bestendig te hou bied verligting aan boere. Hy voeg by verdere verlagings kan moontlik wees, terwyl die verligting van druk oor skuld, doeltreffendheid en uitbreiding kan verbeter. Jacobs noem ook makro-ekonomiese toestande, insluitend…
31 Jan 12AM 1 min

Copps 94.1: Inbrekers slaan toe in gure weer

Swaar donderweer en reën by tye kon die Copps 94.1-span Vrydagaand in Windhoek nie van stryk bring nie. Verskeie inbrekers wat op ‘n huis in die hoofstad toegeslaan het, was een van die voorvalle wat hul aandag geverg het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 doen verslag van die toneel:
30 Jan 11PM 1 min