
SA verwerk 4,9 miljoen wettige reisigers oor feestyd
Loading player...
Suid-Afrika se minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê daar was in die feestyd 'n merkbare toename in wettige reise, met die Grensbestuursowerheid wat byna 4,9-miljoen reisigers op 71 grensposte verwerk het. Hy sê Suid-Afrika het in 2025 'n nuwe toerismehoogtepunt van 10,48-miljoen aankomste aangeteken, waarin die Grensbestuursowerheid 'n sleutelrol gespeel het. Schreiber voeg by toekomstige digitale hervormings, insluitend elektroniese reismagtiging en gesigsherkenning, sal toerisme, handel en werkskepping verder bevorder:

