
Land 'moet belê in STEAM-ontwikkeling onder jeug'
Loading player...
Met 37 persent van Namibië se bevolking wat uit jong leerders bestaan, word die land aangemoedig om meer in vaardigheidsontwikkeling te belê. Die adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië, Leonie Dunn, het beklemtoon dat Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese, Kunste en Wiskunde, bekend as ‘STEAM’ kritieke beleggingsareas is as Namibië sy industrialiseringsagenda wil bereik. Dunn het vanoggend by die 2026 STEAM-expo gepraat.

