Die Amerikaanse president Donald Trump sê sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, het ingestem om Kiëf en verskeie ander dorpe nie tydens 'n koue vlaag aan te val nie. Die Kremlin het bevestig hy het ingestem om aanvalle op Kiëf tot Sondag te staak om "gunstige toestande" vir vredesonderhandelinge te skep…
Die uittredende nasionale direkteur van openbare vervolging, Shamila Batohi, vra vir sterker misdaadintelligensie, strenger optrede teen vertragingstaktiek, en beter beskerming vir ondersoekbeamptes, aanklaers en fluitjieblasers. In die Nasionale Vervolgingsgesag se vorderingsverslag sê sy dis noodsaaklik om werksverrigting regoor die regstelsel in lyn te bring. Sy het ook die vordering by…
Die Lewendehawe- en Lewendehawe Produkteraad het die gedeeltelike subsidiëring van knopvelsiekte-entstof vanaf môre goedgekeur. Die subsidie word toegeken op 'n eerste-daar-eerste-bedien-basis en fondse is beperk. Die eerste subsidieperiode is vir 1 September verlede jaar tot 31 Maart vanjaar en die tweede van 1 April tot 31 Maart 2027. Kosmos 94.1…
Standard Bank se hoof van landbousake in Suid-Afrika, Brendan Jacobs, sê die Reserwebank se besluit om rentekoerse bestendig te hou bied verligting aan boere. Hy voeg by verdere verlagings kan moontlik wees, terwyl die verligting van druk oor skuld, doeltreffendheid en uitbreiding kan verbeter. Jacobs noem ook makro-ekonomiese toestande, insluitend…
Swaar donderweer en reën by tye kon die Copps 94.1-span Vrydagaand in Windhoek nie van stryk bring nie. Verskeie inbrekers wat op ‘n huis in die hoofstad toegeslaan het, was een van die voorvalle wat hul aandag geverg het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 doen verslag van die toneel:
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.