Sesnasies-sukses: Italië het geen prima donnas in span, sê Goosen

Loading player...
Marius Goosen, wat jare lank ’n hulpafrigter van Italië se nasionale rugbyspan was, sluit hom vandeesweek uit Japan by Rapport Praat Sport aan. Hy vertel waarom die Azzurri se Sesnasies-sukses nie vir hom so ’n groot verrassing is nie.
18 Feb Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Proteas gaan nie ‘choke’ nie

Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vanuit Ahmedabad by die T20-Wêreldbeker by Rapport Praat Sport aan. Hy praat oor Suid-Afrika se suikersoet-sege oor Indië en vertel waarom hy dink die Proteas nié by die toernooi gaan 'choke' nie.
25 Feb 26 min

Skolerugby: Breiers verdien soms meer as skoolhoofde

Die skolerugbykenner Hannes Nienaber sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan. Hy sê watter skole en spelers vanjaar dopgehou moet word en vertel hoeveel van die land se skole hul breiers betaal.
4 Feb 30 min

Neil de Bruin: ‘Pollard ís ’n aanvallende 10’

Neil de Bruin, die Bulle se nuwe aanvalsafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy skuif na Loftus Versfeld. Hy verduidelik hoe die Bulle besig is om hul seisoen om te draai, wat van Sebastian de Klerk en Jeandré Rudolph sulke goeie spelers maak…
28 Jan 27 min

Saru-baas: ‘Ons sal klou aan Tony – dalk selfs ná 2027’

In 2026 se eerste episode van Rapport Praat Sport gesels ons met die grootbaas van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Rian Oberholzer, oor alles wat dié jaar vir die beheerliggaam voorlê. Ons pols hom ook oor die toekoms van Tony Brown, die Springbok-hulpafrigter wat glo hoog op Nieu-Seeland se wenslys is vir…
21 Jan 22 min