Reis deur Efesiërs - Deel 6 (08 Maart 2026)

Loading player...
PREDIKER: Nadia Muller
TEKS: Efesiërs 1:15–23 (fokus op v.15–19)
TEMA: Om vir mekaar te bid

Een van die mooiste dinge wat Paulus in sy briewe doen, is om vir mense te sê: Ek bid vir julle – en hy sê selfs waarvoor hy bid.

Dit laat ’n belangrike vraag:
Hoe bid ons vir mekaar?

Bid ons net dat mekaar se probleme sal verdwyn, of bid ons – soos Paulus – dat God ons oë sal oopmaak om Hom te sien?

Die grootste geskenk wat ons vir mekaar kan gee, is nie om mekaar se probleme op te los nie, maar om vir mekaar te bid dat ons God beter sal leer ken.

Om God te sien, is om Hom beter te ken.
En om Hom beter te ken, is om te begin leef as ’n “working model of God’s new creation.”
8 Mar Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

"Kom kyk" - Ontmoet Jesus en die vrou by die put

Hierdie is 'n luister-drama. Dit vertel oor die ontmoeting tussen Jesus en die Samaritaanse vrou by die put as ’n intieme gesprek tussen twee mense wat mekaar oor bekende grense heen ontmoet. Deur hulle afwisselende herinneringe ontvou Johannes 4 as ’n verhaal oor dors, waarheid, skaamte en die verrassende ervaring…
23 Aug 19 min

Reis deur Efesiërs - Deel 18 (16 Augustus 2026)

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 4:14–16 TEMA: Hoe behoort “groei” in ons gemeente te lyk? Paulus help ons in hierdie teksgedeelte om te onderskei wat nodig is vir ’n gemeente om werklik te groei. Ons wil immers al hoe meer ’n “small working model of God’s new creation” wees. Maar…
16 Aug 38 min

Reis deur Efesiërs - Deel 17 (09 Augustus 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 4:7-13 TEMA: Eenheid is nie eendersheid nie! Ons reis verder deur Efesiërs 4 – ’n hoofstuk wat ons herinner dat God ons nie roep om almal dieselfde te wees nie, maar om saam as een liggaam te leef en te groei. God se genade is…
16 Aug 43 min

Reis deur Efesiërs - Deel 16 (02 Augustus 2026)

PREDIKER: DJ Muller TEMA: Waardig aan jou roeping TEKS: Efesiërs 4:1–6 Paulus begin nie met ’n gebod nie, maar met ’n smeking: “Ek dan, die gevangene in die Here, vermaan julle om waardig te wandel…” en dan praat hy oor eenheid! Eenheid is nie iets wat óns skep nie; dit…
16 Aug 31 min

Reis deur Efesiërs - Deel 15 (21 Junie 2026)

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 3:16-19 TEMA: God se krag het ’n baie spesifieke bestemming… Ons hanteer baie keer God se werk in ons lewe soos ’n noodkragopwekker. Ons bid vir krag wanneer ons swaarkry, en wanneer die krag kom en die swaarkry verby is, ontkoppel ons weer die kragopwekker…
16 Aug 37 min