
NamRA op spoor van myn- en eksplorasietransaksies
Loading player...
Eienaars van eksplorasie- en mynlisensies word aangemoedig om transaksies waarin aandele of belange daarin verkoop is, by die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRa, te verklaar tydens die belastingamnestietydperk tot 31 Oktober vanjaar. Die kommissie gaan meer navorsing in die bedryf doen om data te bekom oor myn- en eksplorasielisensies. Kosmos 94.1 Nuus het met NamRa-kommisaris Sam Shivute gepraat, wat sê net 5% van maatskappye in die bedryf voldoen tans aan die wet wat die verklaring van sulke transaksies betref.

