Rehoboth belê N$70m in voorafbetaalde watermeters

Loading player...
Die Rehoboth-dorpsraad het minstens 70 miljoen Namibiese dollar opsy gesit om konvensionele water- en elektrisiteitsmeters met voorafbetaalde meters te vervang, 'n stap wat daarop gemik is om inkomste-invordering te verbeter en toekomstige agterstallige skuld te voorkom. Die ontwikkeling kom terwyl die dorp 150 miljoen dollar aan NamWater skuld. Rehoboth-burgemeester Jackie Khariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
13 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA ekonomie verloor R266 miljard jaarliks weens padsterftes

Die adjunkminister van Vervoer, Mkhuleko Hlengwa, sê padsterftes kos die ekonomie jaarliks ongeveer 266-miljard Suid-Afrikaanse rand. Bestuurdersgedrag is verantwoordelik vir ongeveer 80-persent van noodlottige ongelukke, terwyl voetgangers byna 45-persent van padsterftes verteenwoordig. Hlengwa het aan Newzroom Afrika gesê meer as 11 000 mense het verlede jaar op Suid-Afrikaanse paaie gesterf…
13 Mar 8AM 1 min

Rusland-ontvoering van Oekraïnse kinders 'misdaad teen mensdom'

Rusland het sedert 2022 stelselmatig minstens 1 200 Oekraïense kinders gedeporteer en met geweld oorgeplaas. Dit is volgens die jongste verslag van die Verenigde Nasies se Menseregteraad. Kommissaris Erik Møse sê hulle het bevind dat Russiese owerhede twee soorte misdade teen die mensdom gepleeg het: die deportasie en gewelddadige oorplasing…
13 Mar 8AM 1 min

Mariental munisipale werkers eis salarisverhoging

Werknemers van die Mariental munisipaliteit het betoog vir beter vergoeding. Die werkers eis 'n salarisverhoging van 3 persent. Die groep voel dat werknemers van die plaaslike owerheid uitgesluit is van salarisaanpassings nadat die regering staatsamptenare se salarisse verhoog het. Groepwoordvoerder James Kanu:
13 Mar 8AM 1 min

DA juig oor onderskepping van Chinese vissersbote

Die DA het die onderskepping van vier Chinese vissersvaartuie vir ongemagtigde toegang tot Suid-Afrika se territoriale waters verwelkom. Die vaartuie is binne 12 seemyl van die KwaZulu-Natalse kus, en later langs die Oos-Kaapse kuslyn, opgespoor. Na die onderskepping is die kapteins van die vaartuie 'n administratiewe boete van 400 000…
13 Mar 4AM 1 min

NamRA op spoor van myn- en eksplorasietransaksies

Eienaars van eksplorasie- en mynlisensies word aangemoedig om transaksies waarin aandele of belange daarin verkoop is, by die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRa, te verklaar tydens die belastingamnestietydperk tot 31 Oktober vanjaar. Die kommissie gaan meer navorsing in die bedryf doen om data te bekom oor myn- en eksplorasielisensies. Kosmos 94.1 Nuus…
13 Mar 6AM 1 min