DA juig oor onderskepping van Chinese vissersbote

Loading player...
Die DA het die onderskepping van vier Chinese vissersvaartuie vir ongemagtigde toegang tot Suid-Afrika se territoriale waters verwelkom. Die vaartuie is binne 12 seemyl van die KwaZulu-Natalse kus, en later langs die Oos-Kaapse kuslyn, opgespoor. Na die onderskepping is die kapteins van die vaartuie 'n administratiewe boete van 400 000 Suid-Afrikaanse rand opgelê. Andrew de Blocq van die DA sê die vaartuie het die land se waters binnegevaar voor die nodige magtiging toegestaan is:
13 Mar 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aantal regeringswerkers styg met meer as 14 000 in 'n jaar

Die Openbare Dienskommissie het sy jaarlikse voorsittersrede aangebied. Die voorsitter, Salmaan Jacobs, het aangekondig dat die totale regeringswerknemers vermeerder het van 110 002 in 2023/2024 na 114 304 in 2024/2025. Jacobs gee meer inligting.
27 Apr 9AM 1 min

Dwelmmuil met R8,7 miljoen se kokaïen op lughawe betrap

Die polisie op die OR Tambo-internasionale Lughawe in Gauteng het 'n 26-jarige Brasiliaanse burger in hegtenis geneem toe 8,7-miljoen Suid-Afrikaanse rand se kokaïen onderskep is. Woordvoerder Athlenda Mathe sê lede het intelligensie ontvang en die persoon se bagasie deursoek met landing, waarop die dwelm ontdek is. Dit is deel van…
27 Apr 9AM 1 min

Namibiese Instituut vir Patologie kry nuwe raad

Gesondheidsminister Esperance Luvindao, het vanoggend 'n nuwe raad vir die Namibiese Instituut vir Patologie aangestel vir 'n tydperk van drie jaar. Die inkomende voorsitter, Stephanie Viljoen, het etiese leierskap, sterker bestuur en 'n hernieude fokus op innovering belowe om toegang tot betroubare diagnostiese dienste landwyd uit te brei.
27 Apr 8AM 1 min

Vryheidsdag moet verder gaan as vierings: Fosa

Forum for South Africa sê Vryheidsdag moet verder strek as vierings en die gaping weerspieël tussen beloftes van 1994 en huidige werklikhede. Die party sê politieke vryheid is wel bereik, maar werkloosheid, armoede, ongelykheid, misdaad en korrupsie is steeds 'n probleem. Woordvoerder Tebogo Mashilompane vra dringende optrede om instellings te…
27 Apr 8AM 1 min

Plan-veterane oorskadu Swapo se peperduur hoofkantoor bekendstelling

Swapo se inhuldiging van sy nuwe hoofkwartier in Windhoek word oorskadu deur 'n langdurige protes van Plan-veterane wat buite kamp opgeslaan het en antwoorde eis oor beweerde VN-fondse. Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die probleem duur al jare voort en weerspieël 'n gebrek aan…
27 Apr 6AM 1 min