Midde-Ooste krisis bedreig toerisme: Gasvryheidsvereniging

Loading player...
Die toerismebedryf is bekommerd oor 'n styging in vliegkaartjiepryse. Dit volg op skerp stygings in stralerbrandstofpryse weens die konflik in die Midde-Ooste, wat in ‘n enkele week meer as verdubbel het. Vele lugrederye het reeds kaartjiepryse opgestoot of brandstofheffings ingestel. Die sektor vrees dat dit reisvraag en toerismevloei sal beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold gesels:
13 Mar 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Taxi-sensus op Swakopmund stel teleur

Die Swakopmund-munisipaliteit het onlangs 'n taxisensus- en registrasieveldtog uitgevoer. Die drie week lange oefening was om die munisipaliteit se databasis op datum te bring en om die bestuur van taxi's in die dorp te verbeter. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die opkoms was swak.
3 Jul 9AM 1 min

Outa wil Stad Johannesburg se elektristeit-boeke sien

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, of Outa, het Eskom versoek om sy ooreenkoms met die Stad Johannesburg bekend te maak voordat enige onderbrekings in elektrisiteitstoevoer oorweeg word. Die organisasie het ook strenger toesigmaatreëls voorgestel, insluitend onafhanklike monitering van elektrisiteitsinkomste en gereelde openbare verslagdoening. Julius Kleynhans van Outa sê hoewel die nutsmaatskappy…
3 Jul 9AM 1 min

Toename in gesondheid-opleidingsentrums onder die loep

Konsultasies met belanghebbendes oor die mosie om die ongekontroleerde toename in opleidingsentrums in gesondheid, veral verpleging te ondersoek, vind by die parlement plaas. Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor onderwys, jeug, burgerlike betrekkinge en gemeenskapsontwikkeling, Maralyn Mbakera, verduidelik watter aspekte alles ondersoek sal word.
3 Jul 8AM 1 min

MK-party het onrus teen migrante gesaai: ANC

Die ANC sê die MK-party se retoriek voor Dinsdag se protesoptogte teen ongedokumenteerde migrante, het onrus en verdeeldheid aangemoedig. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het aan die media gesê MK het anti-immigrante-sentiment aangevuur en beklemtoon dat immigrasiewette deur middel van protesoptogte of vergelding afgedwing moet word. Mbalula het…
3 Jul 8AM 1 min

Gauteng vat sy huise terug van plakkers

Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings sê hulle sal begin om mense wat onwettig staatsbefondsde huise beset, uit te sit nadat hofbevele verkry is. Die huise sal teruggeëis word, waar nodig opgeknap word, en teruggegee word aan kwalifiserende begunstigdes wat al jare lank op behuising wag. Tahir Sema van die…
3 Jul 6AM 1 min