
AfriForum dreig Eskom met hof
Loading player...
AfriForum dreig met regstappe teen Eskom indien die nutsmaatskappy voortgaan om elektrisiteit na dorpe af te sny weens munisipale skuld. Die organisasie sê Eskom se kennisgewings aan 14 munisipaliteite is wetlik gebrekkig en kan inwoners, veral bejaardes en hospitale, benadeel indien 'n voorafbetaalde stelsel gebruik word. Deidré Steffens van AfriForum doen 'n beroep op die energiereguleerder, Nersa, om te verseker dat alle ooreenkomste aan wetlike vereistes voldoen voordat enige veranderings gemaak word:

