Trump sê Kent was 'swak' as teenterrorisme-direkteur

Loading player...
Die Trump-administrasie se top-teenterrorisme amptenaar het bedank oor die oorlog in Iran, en het president Donald Trump versoek om van koers te verander. Joe Kent, direkteur van die nasionale teenterrorismesentrum, het in 'n brief op X gesê dat Iran geen onmiddellike bedreiging vir die VSA ingehou het nie en beweer dat die administrasie die oorlog begin het weens druk van Israel en sy magtige Amerikaanse voorspraakmakers. Kent is 'n Amerikaanse spesiale magte en CIA-veteraan wie se vrou, vloot-kriptologiese tegnikus Shannon Kent, in 2019 in 'n bomaanval in Sirië dood is. Die Withuis het die brief van die hand gewys en gesê Trump het dwingende bewyse dat Iran Amerika eerste sou aanval. President Donald Trump het so reageer:
17 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN en kie onderneem lang staatsbesoek aan China

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal op uitnodiging van president Xi Jinping van 5 tot 11 Julie 'n staatsbesoek aan China aflê. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Presidensie, Jonas Mbambo gepraat, wat 'n oorsig gee oor wat onder die loep sal kom.
3 Jul 4AM 1 min

VN veroordeel Russiese aanvalle op Kiëf

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het Rusland se jongste aanvalle op Kiëf en ander Oekraïnse stede ten sterkste veroordeel. Minstens 27 mense is dood en 91, insluitend twee kinders, is beseer toe Rusland Woensdag ʼn groot hommeltuig- en missiel-aanval op Kiëf uitgevoer het. Guterres se woordvoerder, Stéphane Dujarric,…
3 Jul 4AM 1 min

NamPost kondig Julie toelaag-siklus aan

Begunstigdes van maatskaplike kontanttoelaes reg oor die land kan nou voorberei om hul Julie-betalings te ontvang, aangesien NamPost amptelik die aanvang van die nuwe betalingsiklus aangekondig het. Mobiele betalings sal vandag begin, terwyl invorderings by takke en poskantore op geskeduleerde datums sal plaasvind. NamPost-woordvoerder Joseph Teofelus het meer:
3 Jul 2AM 1 min

Zelensky beloof wraak na Kiëf-aanvalle

Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het beloof om wraak te neem ná Rusland se aanvalle op Kiëf waarin minstens 27 mense dood en 91, insluitend twee kinders, gewond is. Moskou het byna 500 hommeltuie en meer as 70 missiele op Oekraïne afgevuur en woongeboue en militêre basisse beskadig. Rusland se…
3 Jul 2AM 1 min