Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie

Loading player...
Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan.

Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die unieke lens waardeur sy die wêreld bekyk – Maritza vat ons in haar kop, haar hart en haar hande.

Ons praat oor vrouwees. Nie die Instagram-weergawe nie, maar die rou, eerlike weergawe.

En dan die podsending “Grys en Gatvol”, saam met joernalis Melanie Verwoerd – ’n ruimte waar vroue praat oor peri- en postmenopouse, oor die dinge waaroor daar te min gepraat word, en te veel in stilte “2-uur-in-die-oggend” gegoogle word.

Maar dis KLETS. Ons bly nie lank op een plek nie.

Die Peet en Mel Viljoen-sage wat soos ’n sepie bly ontvou, die Oscars wat al hoe meer hul glans verloor, en die vraag of Gwede Mantashe regtig weet hoeveel brandstof Suid-Afrika het… of hoop niemand vra nie, of dalk net hoop die spreadsheets lieg nie.

En dan, soos ’n goeie laaste noot, kyk ons na Anton Goosen op 80 – want blykbaar is daar op 80 nog meer as net rock en roll in sy pype.

Dis kuns en kommentaar. Dis vrouwees en wêreldnuus.
Dis dieper gesprekke… Dis KLETS.
18 Mar Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Dis Veiliger om te Sit

Hallo! Na 'n lang stilte is KLETS terug. Dit was vrouedag, SA was koud en Pretoria sonder krag, maar die hangover is darem verby. En Colene het intussen al meer as een stort gehad. Ons noem dit vooruitgang. STATS SA se nuutste syfers is uit, en die span vra die…
19 Aug 57 min

Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-254-pryse-potholes-en-n-pending-emoji/ Kaapse huispryse klim weer, en dis nou al op 'n vlak waar jy moet begin wonder of dit regtig 'n huis is, of net 'n baie duur uitsig. Intussen is 'n Suid-Afrikaanse Protea-emoji 'n moontlikheid, en ons is klaar trots asof dit reeds…
22 Jul 1 hr 04 min

Slange, Spuite en Sondige Sente

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-253-slange-spuite-en-sondige-sente/ Iewers in China het 'n vloed 'n slangplaas oopgebreek, en nou is "swem met die plaaslike fauna" nie meer 'n opsie nie, dis 'n werklikheid. Ozempic maak jou skraler, sê die advertensies. Die nuutste studies belowe jou 'n paar ander verrassings wat niemand…
15 Jul 53 min

Lyste en Lastige Goggas

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/lyste-en-lastige-goggas/ Colene is terug van die Kaap. Party mense is 'n walking buffet vir muskiete, jou "bierpens" kan dit moontlik verduidelik. Maar dit klink darem onskuldig langs die vrou wat agterkom sy het 38 parasiete in haar brein gehad. Dis nie 'n getal nie,…
8 Jul 1 hr 03 min

Dis Nie Genoeg Nie, al Bly Ons Vriendelik

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/dis-nie-genoeg-nie-al-bly-ons-vriendelik/ Dis 1 Julie 2026. Dis winter, en ook presies die middel van die jaar. Ons be-klets die 30 Junie-opstande: waar lê die menswaardigheid, waar lê die deernis, en was die optogte eintlik die moeite werd? Of is Suid-Afrika môre net weer presies soos…
1 Jul 48 min