Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië wek kommer. Die MK-partyleier verskyn op ʼn foto saam met die voortvlugtige Ajay Gupta en Suid-Afrika se hoë kommissaris in Indië, Anil Sooklal, by die Sidipeeth Shri Dakshin Kali tempel in Haridwar…
Streekskonsultasies is tans aan die gang oor die Konsepwetsontwerp op Ruimtewetenskap en -tegnologie, wat 'n wetlike raamwerk sal daarstel vir die organisering en regulering van ruimteverwante aktiwiteite om sosio-ekonomiese ontwikkeling te bevorder. Tydens 'n sitting in Oshakati het die hoofbeampte vir wetenskap en tegnologie by die onderwysministerie, Jeremia Haipinge, gesê…
Marientallers kan hulself regmaak vir groot pret in die tweede Mariental Vasbyt wat in Augustus deur Vasbyt Namibië aangebied sal word. Aansoeke is nou oop en almal word na die geleentheid uitgenooi. Rico Bothma, een van die organiseerders, gee meer inligting.
Talle landelike gemeenskappe regoor Namibië gaan gebuk onder stopery, veediefstal en algemene misdaad. Ind ie Suide sal die Gibeon-gemeenskap en die boere in die gebied sal môre, 4 Julie 'n vergadering met NamPol hou oor belangrike kwessies in die omgewing. Die vergadering sal handel oor veediefstal, die koop van die…
Amptenare van Whale Rock Cement oorweeg hul volgende stappe na die regering die samesmelting met Schwenk Namibia goedgekeur het. Die ooreenkoms, wat Namibië se hele sementbedryf onder een eienaar sal plaas, is goedgekeur onderworpe aan voorwaardes, insluitend geen werkverliese nie, die operasionele behoud van die Cheetah Cement-aanleg, en die verhoging…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.