Padel ter ondersteuning van rekonstruktiewe chirurgie

Loading player...
Die Nampharm Stigting gaan op 10 April by Liv Padel 'n padeldag hou vir maatskappye ter ondersteuning van kinders met gesigsmisvormings. Spanne betaal 2 500 Namibiese dollar wat aangewend word vir rekonstruktiewe operasies. Inskrywings sluit op 2 April. Kosmos 94.1 Nuus het met Cari-Ané van der Walt, die stigting se fondsinsameling koördineerder gepraat.
19 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lamola las ondersoek na Zuma en Gupta se Indië besoek

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië wek kommer. Die MK-partyleier verskyn op ʼn foto saam met die voortvlugtige Ajay Gupta en Suid-Afrika se hoë kommissaris in Indië, Anil Sooklal, by die Sidipeeth Shri Dakshin Kali tempel in Haridwar…
3 Jul 1AM 1 min

GRN konsulteer oor konsepwet oor ruimtewetenskap

Streekskonsultasies is tans aan die gang oor die Konsepwetsontwerp op Ruimtewetenskap en -tegnologie, wat 'n wetlike raamwerk sal daarstel vir die organisering en regulering van ruimteverwante aktiwiteite om sosio-ekonomiese ontwikkeling te bevorder. Tydens 'n sitting in Oshakati het die hoofbeampte vir wetenskap en tegnologie by die onderwysministerie, Jeremia Haipinge, gesê…
3 Jul 1AM 1 min

Vasbyt keer terug na Mariental

Marientallers kan hulself regmaak vir groot pret in die tweede Mariental Vasbyt wat in Augustus deur Vasbyt Namibië aangebied sal word. Aansoeke is nou oop en almal word na die geleentheid uitgenooi. Rico Bothma, een van die organiseerders, gee meer inligting.
3 Jul 1AM 1 min

Gibeon vergader met NamPol oor misdaad

Talle landelike gemeenskappe regoor Namibië gaan gebuk onder stopery, veediefstal en algemene misdaad. Ind ie Suide sal die Gibeon-gemeenskap en die boere in die gebied sal môre, 4 Julie 'n vergadering met NamPol hou oor belangrike kwessies in die omgewing. Die vergadering sal handel oor veediefstal, die koop van die…
3 Jul 1AM 1 min

Whale Rock sê oor volgende stappe

Amptenare van Whale Rock Cement oorweeg hul volgende stappe na die regering die samesmelting met Schwenk Namibia goedgekeur het. Die ooreenkoms, wat Namibië se hele sementbedryf onder een eienaar sal plaas, is goedgekeur onderworpe aan voorwaardes, insluitend geen werkverliese nie, die operasionele behoud van die Cheetah Cement-aanleg, en die verhoging…
3 Jul 12AM 1 min