City klop Arsenal 2-0, wen Carabao-beker

Loading player...
Manchester City het die voorlopers in die Premier-liga, Arsenal met 2-0 geklop om die Carabao-beker in die Wembley-stadion in Londen 'n negende keer in te palm. Die 21-jarige Nico O'Reilly het twee doele aangeteken om die sege vir City te verseker en het die derde jongste speler geword wat 'n tweetal in 'n liga-eindstryd ingeskop het. Arsenal, daarteenoor, het die geleentheid deur sy vingers laat glip om sy eerste trofee sedert die FA-beker in 2000 te wen. Die bestuurder van City, Pep Guardiola, wat nou vyf keer saam met City die trofee verower het, sê dit was 'n taai stryd:
23 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meer as 2 000 kuberaanvalle weekliks in SA

Suid-Afrikaanse organisasies het vroeg hierdie jaar reeds geworstel met meer as 2 100 kuberaanvalle weekliks, 'n toename van 36 persent jaarliks, gedryf deur KI‑gedrewe bedreigings en gyselware. Die regering en finansiële en verbruikersektore is belangrike teikens. Kuberveiligheidsdeskundige en uitvoerende hoof van Clyrofor, Loyiso Boyce, het aan Newzroom Afrika gesê uitvissing…
26 Apr 6AM 1 min

Aanlyn regsentrum vir wildbewaring

Namibië het 'n stap geneem in die rigting van die versterking van wildbewaring met die bekendstelling van 'n nuwe program wat daarop gemik is om die land se wetlike en beleidsraamwerk vir volhoubare wildbestuur te verbeter. Die inisiatief stel 'n aanlyn regsentrum bekend wat gemeenskappe, beleidmakers en belanghebbendes makliker toegang…
26 Apr 6AM 1 min

Nóg sewe by binnelandse sake in SA afgedank

Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, sê 'n verdere sewe amptenare is afgedank, wat die totaal sedert Julie 2024 op 63 te staan bring. Die departement het ook 16 nuwe skorsings uitgereik as deel van voortgesette tugstappe in verband met bevindinge deur die Spesiale Ondersoekeenheid. Hy sê 75 van…
26 Apr 4AM 1 min

Lamola dring aan op oplossing in Lungu-begrafnisgeskil

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het die Zambiese regering en voormalige president Edgar Lungu se familie versoek om hul begrafnisgeskil vriendskaplik buite die hof te skik. Die dooiepunt duur al meer as tien maande na Lungu se dood in Pretoria in Junie 2025. Lamola het aan…
26 Apr 4AM 1 min

EV-laaistasies moet geregistreer wees

Stad Windhoek het aangekondig dat die registrasie van laaistasies vir elektriese voertuie nou verpligtend is, om effektiewe lasbestuur te ondersteun en die kwaliteit van voorsiening te handhaaf. Enige laaipunt vir elektriese voertuie wat die 3,7 kilowatt kapasiteit van 'n standaard huishoudelike sok oorskry, moet deur 'n geregistreerde elektriese kontrakteur geregistreer…
26 Apr 2AM 1 min