Ou en nuwe politieke leiers 'wil nie hê De Kock moet praat'

Loading player...
Die GOOD-party sê die omstrede apartheidsera-polisieman, Eugene de Kock, het inligting wat nie die ou of nuwe orde se politieke leiers wil hê Suid-Afrikaners moet weet nie. De Kock wat voor die ondersoek na die Cradock-vier se moorde in 1985 verskyn, het erken hy het onder die apartheidsregering sogenaamde terroriste vir die Veiligheidspolisie gejag. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê De Kock sal nie baie van die ANC se geheime weet nie, maar hy weet van baie sake wat die NVG huiwer om te vervolg:
24 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Olifante in Kunene-hooglande se bewegings gemonitor

Olifante herken nie heinings, plase of dorpsgrense nie. In die Kunene-hooglande kan dit mense en wild in konflik bring, veral wanneer olifante deur veegebiede beweeg en gewasse en groentetuine plunder. Nou gebruik navorsers satelliethalsbande om die bewegings van hierdie ontwykende olifante op te spoor, met die doel om hul gedrag…
27 Aug 11PM 1 min

Eeyore se stemakteur sterf op 85

Die bekende Kanadese stemakteur Peter Cullen, veral bekend as die ikoniese stem van Optimus Prime in die Transformers-franchise, is op 85-jarige ouderdom in Los Angeles oorlede. Geen amptelike oorsaak van dood is vrygestel nie. Cullen se roemryke loopbaan het oor vyf dekades gestrek en kinderjare oor generasies heen gedefinieer. Hy…
27 Aug 11PM 1 min

Kenner sê oor helde en bevrydings louere

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah verwelkom president Netumbo Nandi-Ndaitwah se fokus op nasiebou eerder as bevrydingsviktimisasie op Heldedag, en sê Namibië kan nie vir ewig op bevrydings-louere staatmaak nie. Kamwanyah het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die toekenning van held- en heldinstatus ook verder as die bevrydingstryd moet kyk.
27 Aug 11PM 1 min

Brandstofprys vir September vandag of Maandag verwag

Die brandstofprysaanpassing vir September sal waarskynlik vandag of Maandag aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen gepraat, wat sê hul vooruitsigte vir die brandstofprysaanpassing is 'n bietjie gemeng, met meer gunstige vooruitsigte vir petrol eerder as diesel. Hy sê daar was heelwat stygings in beide petrol…
27 Aug 11PM 1 min