McCullum bly aan as Engeland krieket-afrigter

Loading player...
Krieket: Die Engelse- en Wallis-krieketraad het 'n regmerkie gegee vir die bestuurspan van die hoofafrigter, Brendon McCullum, die kaptein, Ben Stokes, en die direkteur van krieket, Rob Key, ná 'n interne hersiening van die reeks om die As. Engeland het met 1-4 die onderspit gedelf in die reeks teen Australië wat gekenmerk is deur swak beplanning, onder-standaard vertonings en insluitend beskuldigings van 'n drinkkultuur in die Engelse span. Key sê die raad se gevolgtrekking was dat dit nie die regte besluit sou wees om McCullum in die pad te steek nie:
24 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Olifante in Kunene-hooglande se bewegings gemonitor

Olifante herken nie heinings, plase of dorpsgrense nie. In die Kunene-hooglande kan dit mense en wild in konflik bring, veral wanneer olifante deur veegebiede beweeg en gewasse en groentetuine plunder. Nou gebruik navorsers satelliethalsbande om die bewegings van hierdie ontwykende olifante op te spoor, met die doel om hul gedrag…
27 Aug 11PM 1 min

Eeyore se stemakteur sterf op 85

Die bekende Kanadese stemakteur Peter Cullen, veral bekend as die ikoniese stem van Optimus Prime in die Transformers-franchise, is op 85-jarige ouderdom in Los Angeles oorlede. Geen amptelike oorsaak van dood is vrygestel nie. Cullen se roemryke loopbaan het oor vyf dekades gestrek en kinderjare oor generasies heen gedefinieer. Hy…
27 Aug 11PM 1 min

Kenner sê oor helde en bevrydings louere

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah verwelkom president Netumbo Nandi-Ndaitwah se fokus op nasiebou eerder as bevrydingsviktimisasie op Heldedag, en sê Namibië kan nie vir ewig op bevrydings-louere staatmaak nie. Kamwanyah het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die toekenning van held- en heldinstatus ook verder as die bevrydingstryd moet kyk.
27 Aug 11PM 1 min

Brandstofprys vir September vandag of Maandag verwag

Die brandstofprysaanpassing vir September sal waarskynlik vandag of Maandag aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen gepraat, wat sê hul vooruitsigte vir die brandstofprysaanpassing is 'n bietjie gemeng, met meer gunstige vooruitsigte vir petrol eerder as diesel. Hy sê daar was heelwat stygings in beide petrol…
27 Aug 11PM 1 min