Nampa en New Era smelt nou al vyf jaar lank saam, IPC het vrae

Loading player...
Daar is kommer in die parlement oor die regering se versuim om 'n kabinetsbesluit van 2021 te implementeer om die staatsbeheerde mediahuise New Era en Nampa te laat saamsmelt. Die stap het ten doel om dupliseringskoste wat na raming sowat 75 miljoen Namibiese dollar beloop, te verminder. Die voorgestelde samesmelting sal 'n "vlak drie" semi-staatsorganisasie skep, soortgelyk aan entiteite soos NamPower of Telecom. Die IPC-skaduminister van IKT, John-Louw Mouton, het Dinsdag vrae gehad oor hoekom die plan al jare lank draai.
25 Mar 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eeyore se stemakteur sterf op 85

Die bekende Kanadese stemakteur Peter Cullen, veral bekend as die ikoniese stem van Optimus Prime in die Transformers-franchise, is op 85-jarige ouderdom in Los Angeles oorlede. Geen amptelike oorsaak van dood is vrygestel nie. Cullen se roemryke loopbaan het oor vyf dekades gestrek en kinderjare oor generasies heen gedefinieer. Hy…
27 Aug 11PM 1 min

Kenner sê oor helde en bevrydings louere

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah verwelkom president Netumbo Nandi-Ndaitwah se fokus op nasiebou eerder as bevrydingsviktimisasie op Heldedag, en sê Namibië kan nie vir ewig op bevrydings-louere staatmaak nie. Kamwanyah het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die toekenning van held- en heldinstatus ook verder as die bevrydingstryd moet kyk.
27 Aug 11PM 1 min

Brandstofprys vir September vandag of Maandag verwag

Die brandstofprysaanpassing vir September sal waarskynlik vandag of Maandag aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen gepraat, wat sê hul vooruitsigte vir die brandstofprysaanpassing is 'n bietjie gemeng, met meer gunstige vooruitsigte vir petrol eerder as diesel. Hy sê daar was heelwat stygings in beide petrol…
27 Aug 11PM 1 min

Internasionale hulp stroom na Nepal, Tibet

Die internasionale gemeenskap skarrel om hulp na vloedgeteisterde dele van Nepal en Tibet te kry, terwyl owerhede waarsku dat mere wat gevorm het waar die dodelike vloede begin het, besig is om te styg en kan bars. Minstens 362 mense is dood, terwyl byna 1 400 steeds vermis word, meeste…
27 Aug 11PM 1 min