ILO moet billik hervorm na begrotingstekort

Loading player...
Namibië doen 'n beroep op billike en volhoubare hervormings by die Internasionale Arbeidsorganisasie, namate kommer groei oor 'n dreigende begrotingstekort wat honderde poste kan sny en steun vir ontwikkelende lande kan verswak. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur verantwoordelik vir arbeidsverhoudings in die lynministerie, het tydens die organisasie se sitting in Genève lidstate aangespoor om hul finansiële verpligtinge na te kom. Hy waarsku dat voorgestelde 30 persent-befondsingskortings nie ten koste van kritieke tegniese bystand moet gaan nie.
26 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min