Van 'n nederige begin tot by 'n Mexikaanse avontuur

Loading player...
Ultimate Safaris-gids Peter Nuugonya het onlangs na Baja California in Mexiko gereis vir 'n drie weke lange avontuur met Todos Santos Eco Adventures. Nuugonya, wat in 'n dorpie naby Ondangwa grootgeword het en op 'n jong ouderdom geleer het hoe om diere op te spoor, het die toekenning vir topgids 2025 deur die maatskappy gewen. Nuugonya het sy loopbaan by Sossusvlei Desert Lodge in die Namib Rand Natuurreservaat begin waar hy as kroegman begin werk het, maar het gou besef dat gidswerk die loopbaan was wat hy wou volg. Tristan Cowley, die stigter van Ultimate Safaris verduidelik die belangrikheid van die ooreenkoms om toergidse te bemagtig.
27 Mar 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min