SAPD het sistemiese korrupsie-krisis - Action Society

Loading player...
Action Society sê die korrupsiekrisis in die Suid-Afrikaanse Polisiediens dui op 'n dieper, sistemiese probleem eerder as geïsoleerde gevalle. Dit volg na berigte dat die nasionale kommissaris van Polisie, Fannie Masemola voor die hof gedaag is oor 'n polisiegesondheidsdienstender van 360 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die organisasie waarsku gekompromitteerde verkryging ondermyn polisiëring en openbare veiligheid. Juanita du Preez van Action Society doen 'n beroep op dringende hervormings, onafhanklike toesig, vinniger vervolgings en beter beskerming vir verklikkers:
27 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min