Ekandjo verteenwoordig Namibië op Afrika Kreatiewe Raad

Loading player...
Afrika tree op om sy eie globale beeld te definieer. In ooreenstemming met Agenda 2063 het die Opportunity Africa-inisiatief 'n nuwe Kreatiewe Raad van stapel gestuur, wat toonaangewende stemme in media, kommunikasie en bemarking van reg oor die vasteland bymekaarbring. Die Pan-Afrikaanse platform is daarop gemik om outentieke Afrika-stories en 'n verenigde narratief te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het met MTC se Tim Ekandjo gepraat, wat Namibië in die raad verteenwoordig.
27 Mar 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

MTC oorhandig Nama-toekennings intellektuele eiendom aan kultuurministerie

MTC het al die intellektuele eiendom geassosieer met die Namibiese jaarlikse musiektoekennings, of Nama-toekennings, aan die kultuurministerie oorhandig. Volgens MTC is die handelsmerk van die Nama-toekennings meer as 400 miljoen Namibiese dollar werd. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndakalako Shilongo, kommunikasiebeampte van MTC gepraat.
2 Jul 10AM 1 min

Nee, tolhekke is nie op pad nie

Vervoerminister Veikko Nekundi sê die regering het planne verwerp om tolhekke op paaie in te stel. Daar was volgens hom, 'n studie in 2021 gedoen en dit het tussen 21 en 23 tolhekke landwyd in die vooruitsig gestel, met 'n geprojekteerde jaarlikse inkomste van tussen 500 miljoen en 750 miljoen…
2 Jul 10AM 1 min

Geopolitieke spanning knel 2026 ekonomiese groei

Namibië se ekonomie het in die eerste kwartaal sy agtiende opeenvolgende kwartaal van positiewe groei sedert die tweede kwartaal van 2021 aangeteken, sê die Bank van Namibië in sy jongste kwartaalverslag. Die ekonomie het met 2 persent gegroei, nadat groei in die laaste kwartaal van 2025 slegs 0,1 persent beloop…
2 Jul 10AM 1 min

Khomas Ratepayers hou druk op Stad Windhoek vol

Lede van die Khomas Ratepayers and Residents Association het 'n suksesvolle vergadering met die raadslede van die Stad Windhoek gehou. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se voorsitter, Shaun Gariseb gepraat, wat sê hulle het baie kwessies bespreek, insluitend die stad se faktureringstelsel, skuldverligting vir pensioenarisse, grondtoekenning, informele nedersettings…
2 Jul 9AM 1 min

Meer as 35 000 repatriasies by Beitbridge-grenspos

Die waarnemende kommissaris van die Grensbestuursowerheid, David Chilembe, sê meer as 35 000 mense is deur die Beitbridge-grenspos in Limpopo gerepatrieer sedert die regering nuwe migrasiemaatreëls ingestel het. Hy sê die grenspos verwerk deportasies, vrywillige repatriasies en normale oorgrensreise. Die tussenministeriële komitee oor migrasie gaan repatriasiesentrums besoek om bedrywighede te…
2 Jul 9AM 1 min