AfriForum bekommerd oor grond langs paaie

Loading player...
AfriForum sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap se voorgestelde beleidsveranderinge kan die agentskap oormatige beheer gee oor die gebruik van grond langs paaie. Die organisasie waarsku dat die voorstelle SANRAL sal toelaat om te besluit waar fasiliteite gebou word en watter besighede bedryf word, wat boere, grondeienaars en ondernemings langs die pad kan beïnvloed. Marais de Vaal van AfriForum doen 'n beroep op wyer openbare bespreking om te verseker die beleid eiendomsregte en regverdige mededinging beskerm:
28 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min