Israel skend Libanon se soewereiniteit

Loading player...
Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu het 'n uitbreiding van sy inval in Suid-Libanon aangekondig en sê dat hy die weermag opdrag gegee het om die sogenaamde "buffersone" verder uit te brei. Hy het ook beloof om die veiligheidsituasie daar fundamenteel te verander. Hy sê die besluit is daarop gemik om Israel se veiligheidsposisie langs die noordelike grens te versterk. Israel voer al weke lank aanvalle op dorpe in die gebied uit. Die Libanese minister van maatskaplike sake, Haneen Sayed, sê aan Sky News dit is 'n verdere skending van die land se soewereiniteit.
29 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min