Die Departement van Landbou het 'n nuwe groep veeartse by sy In- en Uitvoereenheid verwelkom. Dit volg nadat Suid-Afrika stadig maar seker toegang tot belangrike internasionale markte verkry en sy landbouhandel versterk. Die woordvoerder van die departement, Prince Mtsweni, sê die veeartse se kennis sal nuwe uitvoermoontlikhede ontsluit en die…
Tydens vraag en antwoord tyd het Britse eerste minister Keir Starmer nie teruggehou na vrae deur die leier van die Konserwatiewe Party Kemi Badenoch nie. Hy sê die Arbeidersparty het 'n kruppel regering geërf na 14 jaar van mislukking.
Die Namibiese Landbou-unie soek nominasies vir sy jaarlikse toekennings. Tanja Dahl die woordvoerder doen 'n beroep lede om hul benoemings vir die volgende kategorieë in te dien: Boervrou van die Jaar, Media Persoonlikheid van die Jaar, Gemeenskapsprojek van die Jaar en die AgriSter.
Die onderwysministerie sê geen leerder in die Erongo-streek wag nog om in 'n skool geplaas te word nie, te midde van die tydelike opskorting van nuwe inskrywings by openbare laerskole in Swakopmund en Walvisbaai vir die 2027 akademiese jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die waarnemende streeksdirekteur van onderwys, Helena…
'n Nabetragting van Suid-Afrika se protesoptogte Dinsdag teen onwettige migrante toon die land het na raming 600 miljoen Suid-Afrikaanse rand in 'n enkele dag aan veiligheidsoperasies bestee, terwyl die onderliggende kwessies wat die betogings aangevuur het, steeds onopgelos is. Kosmos 94.1 Nuus het met Afrika-kenner, dr. Charles Sinkala, gesels, wat…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.