Min rampbefondsing: 'geen langtermynbeplanning die probleem'

Loading player...
Die parlement het 'n begroting van 535 miljoen Namibiese dollar vir die Kantoor van die Eerste Minister goedgekeur, maar skerp besnoeiings aan rampbefondsing wek kommer en daal van 1,6 miljard Namibiese dollar tot slegs 47 miljoen dollar, selfs al duur vloede, droogte en veldbrandrisiko's voort. Terwyl LP's voorbereiding en opvolgondersteuning bevraagteken, sê politieke ontleder Ndumba Kamwanyah die werklike probleem is nie befondsing nie, maar 'n gebrek aan langtermyn-infrastruktuurbeplanning om rampe se impak te voorkom voordat hulle toeslaan.
30 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min