Ombud ondersoek kinders wat getroud is

Loading player...
Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu het onthul dat kinderhuwelike na raming 40 persent van minderjariges in Kavango Oos raak, 'n praktyk wat sy belowe het die regering vasbeslote is om uit te roei. Sy het die syfer as 'n "swaar las" beskryf en gesê dit is gewortel in armoede en kulturele praktyke. Kosmos 94.1 Nuus het met die kinderadvokaat in die kantoor van die ombudsman, Ingrid Husselman gepraat wat sê dat hulle die sake ondersoek.
31 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namfisa maak K1-oorsig van nie-bank sektor bekend

Namfisa het sy Statistiese Bulletin vir die eerste kwartaal van 2026 vrygestel wat toon dat die land se nie-bank finansiële sektor teen die einde van Maart 1 220 aktiewe entiteite gehad het. Die verslag sê 58,7 persent van hierdie entiteite het ten volle aan regulatoriese vereistes voldoen, terwyl 5,1 persent…
2 Jul 5AM 1 min

SA-padvragvereniging het kommer oor weeklikse migrasie-optogte

Die Padvragvereniging sê hy is bekommerd oor die March and March-beweging se planne om tot die munisipale verkiesing elke Donderdag teen onwettige immigrante te betoog. Die organisasie eis dat onwettige buitelanders Suid-Afrika verlaat en dat die regering beter grensbeheer toepas. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê die land…
2 Jul 5AM 1 min

Cosatu spreek kommer uit oor aanstelling van Dina Pule

Die vakverbond Cosatu het kommer uitgespreek oor moontlike gevolge van die veranderinge wat president Cyril Ramaphosa in die regering van nasionale eenheid se uitvoerende bestuur gemaak het. Die veranderinge het grootliks op versoek van die DA-leier Geordin Hill-Lewis gevolg. Matthew Parks van Cosatu sê die aanstelling van Dina Pule as…
2 Jul 4AM 1 min

Weerstoestande bemoeilik reddingsoperasies in Venezuela

Die hoof van humanitêre aangeleenthede by die VN, Tom Fletcher, sê weerstoestande in Venezuela maak reddings- en bystandspogings baie moeilik. In 'n onderhoud met Sky News sê Fletcher daar was reeds voor die verwoestende aardbewings van verlede week, groot nood met 8 miljoen mense wat bystand nodig gehad het.
2 Jul 4AM 1 min

Luvaartsekerheid verskerp deur NAC-opleiding

Namibië neem nog 'n stap om lugvaartsekuriteit te versterk, met die Namibiese Lughawemaatskappy wat sy eerste Basiese Lugvaartsekuriteitsopleidingskursus in Windhoek aanbied tot 14 Julie. Die opleiding bring 50 deelnemers van die maatskappy en die polisie bymekaar om hulle toe te rus met die noodsaaklike vaardighede om die land se lughawens,…
2 Jul 3AM 1 min