DA eis dat parlement die brandstofprys bespreek

Loading player...
Die DA het aan die Nasionale Vergadering se speaker, Thoko Didiza, geskryf en ʼn dringende sitting aangevra om die brandstofprysstygings te bespreek. Volgens die Sentrale Energiefonds se huidige vooruitskatting gaan die petrolprys van môre af met sowat 6 Suid-Afrikaanse rand per liter styg en dié van diesel met ongeveer 10 rand per liter. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het ʼn komitee aangestel om die uitwerking van die Midde-Oosterse konflik in sy geheel te bekyk, wat die olieprysstyging insluit. Mark Burke van die DA sê dis ʼn saak van nasionale belang:
31 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min