Trump maak weer beloftes oor einde aan oorlog

Loading player...
President Donald Trump sê Amerika kan binne twee tot drie weke sy oorlog teen Iran beëindig. Hy het vroeër die week gedreig om Iran se energie-aanlegte te vernietig indien ʼn vredesooreenkoms nie bereik word nie, maar hou vol onderhandelinge vorder. Iran ontken dit egter. Trump het by die Withuis sy bewering herhaal dat ʼn regeringsverandering in Iran bereik is. Hy sê die oorlog kan vroeër verby wees indien ʼn ooreenkoms gesluit word:
1 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Luvaartsekerheid verskerp deur NAC-opleiding

Namibië neem nog 'n stap om lugvaartsekuriteit te versterk, met die Namibiese Lughawemaatskappy wat sy eerste Basiese Lugvaartsekuriteitsopleidingskursus in Windhoek aanbied tot 14 Julie. Die opleiding bring 50 deelnemers van die maatskappy en die polisie bymekaar om hulle toe te rus met die noodsaaklike vaardighede om die land se lughawens,…
2 Jul 3AM 1 min

DA wil weet hoekom Dirco Zuma en Gupta in Indië ontvang

Die DA sê Suid-Afrika moet nie gesien word as 'n land wat vergaderings fasiliteer of individue betrek wat met korrupsiebewerings verbind word nie. Die party het parlementêre vrae aan die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, voorgelê oor berigte dat voormalige president Jacob Zuma en die staatskaping-beskuldigde Ajay…
2 Jul 3AM 1 min

Aspris kraam in VSA as besoeker is teen die wet - Blanche

Die waarnemende Amerikaanse prokureur-generaal, Todd Blanche, sê federale aanklaers en wetstoepassers sal toeslaan op sogenaamde “geboorte-toerisme”. Die Hooggeregshof het Dinsdag herbevestig dat enige persoon wat in Amerika gebore word, ʼn burger is, selfs al is die kind se ouers nie. Volgens die Migrasie-beleidsinstituut, skenk daar jaarliks tot 26 000 vroue…
2 Jul 2AM 1 min

Broos het volle vertroue in Mofokeng se talent vir België

Orlando Pirates het 'n ooreenkoms met die Belgiese klub Royale Union Saint-Gilloise bevestig vir die middelveldspeler Relebohile Mofokeng se oorplasing, onderhewig aan mediese en persoonlike voorwaardes. Die ooreenkoms is voor die Fifa Wêreldbeker-sokkertoernooi gesluit, maar vertroulik gehou. Mofokeng het van die Los Angeles Internasionale Lughawe vertrek om die skuif te…
2 Jul 2AM 1 min

Kganyago waarsku oor inflasie

Die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê hy is bekommerd dat inflasieverwagtinge bo die sentrale bank se 3-persent-teiken gestyg het. In reaksie op olieskokke as gevolg van die Midde-Oosterse oorlog, het die bank rentekoerse in Mei vir die eerste keer in drie jaar verhoog. Dit was met 25-basispunte…
2 Jul 1AM 1 min