Verskeie paaie in Suide beskadig, herstelwerk het nog nie begin nie

Loading player...
Padgebruikers in die Karas-streek word versoek om versigtig te wees aangesien drie sleutelroetes steeds gesluit is na wydverspreide swaar reën en oorstromings, met die Padowerheid wat nog nie met herstelwerk begin het nie. Die betrokke roetes is distrikspad 205 wat DR269 met DR204 verbind, distrikspad 269 noord van Ariamsvlei, en die hoofpad tussen Karasburg en Aroab van kilometer 80 tot 117. Kosmos 94.1 Nuus het met Padowerheid-woordvoerder Hileni Fillemon gepraat vir 'n opdatering:
1 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min