Net nog enetjie | Die kroko-Zille, hoe maak hulle? | Ep. 74

Loading player...
Johannesburg se slaggate is nou al so groot dat jy daarin kan swem, en dit is ook presies wat sy gedoen het om die vlakke van verval uit te wys. Dié briljante verkiesingstoertjie het dalk groot opslae gemaak, maar gaan dit vir die DA ʼn meerderheid in Johannesburg verseker? Dit gaan ʼn mens nog moet sien.

Sit harder, luister en gesels saam met Connie Mulder, Christel Cornelissen en gasaanbieder Tania Heyns in hierdie week se aflewering van Net nog enetjie.
Chapters
  • 00:00 Welkom aan ons gasaanbieder
  • 02:08 Brandstofverhoging geen April-gekkegrap
  • 12:36 Dis verkiesingstyd
1 Apr Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Waghond, bloedhond, skoothond of muishond? | Ep. 87

Die media word dikwels beskryf as die samelewing se waghond – die instansie wat daarmee getaak is om die maghebbers dop te hou en aanspreeklik te hou. Maar hoeveel vertroue het mense vandag nog in die media? En wanneer verander ʼn waghond in ʼn bloedhond, skoothond of selfs ʼn muishond?…
30 Jul 23 min

Net nog enetjie | Mense en hul grense | Ep. 82

Net nog enetjie | Mense en hul grense | Ep. 82 Dit is nou ʼn week voor 30 Junie wat die groep March and March as sperdatum gestel het vir onwettige buitelanders om terug te keer na hul lande van herkoms. Is daar grootskaalse geweld op pad en gaan alle…
24 Jun 25 min