Twee IPC-lede beskuldig van kommunale grondskendings

Loading player...
'n Nuwe grondkwessie het in Namibië se |Khomanin-kommunale gebied ontstaan. Besorgde inwoners en die Landless Khomanin-groep beskuldig die IPC-parlementslid Michael Mulunga daarvan dat hy 5 hektaar kommunale grond by Nauspoort verkry het, en heinings en permanente strukture sonder duidelike magtiging opgerig het. Dit is na bewering ten koste van plaaslike ontheemde kwesbare gemeenskapslede. Die brief, gedateer 31 Maart 2026, impliseer ook IPC-lid en tradisionele hoofman Walter Haseb in die beweerde onwettige verkoop van kommunale grond in die !Kharoxas- en Nauspoort-gebiede. Kosmos 94.1 Nuus het met grond-aktivis Shaun Gariseb gepraat wat meer het oor die brief.
2 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min