
Mooiste Moeder Aarde stop Artemis II 'in hul spore'
Loading player...
Nasa se Artemis II-missie het Donderdagnag ’n geskiedkundige sprong gemaak toe die vier ruimtevaarders 25 uur ná lansering vrygebreek het uit die aarde se wentelbaan vir ’n reis van 400 000 km na die maan. Hulle gaan die eerste menslike wesens wees wat die verste nóf van die aarde sal wees. Die ruimtevaardes het hul ervarings in ‘n videogesprek met die media gedeel. Missieleier Reid Wiseman is aan die woord:

