
BKS: 'SA se entstofstrategie skiet tekort'
Loading player...
Die landbou-organisasie TLU SA sê die regering se bek-en-klouseer-entstofstrategie skiet tekort, aangesien slegs 'n enkelstam-entstof vervaardig word in plaas van die beplande trivalente weergawe. Die organisasie waarsku die beperkte uitrol, wat slegs 20 000 dosisse per week behels, beteken die risiko van infeksie duur voort en boere kan nog steeds ekonomiese verliese ly. Bennie van Zyl van die TLU SA sê die huidige uitrol is te stadig om die omvang van die uitbreking te behartig:

