Zambezi worstel met duisende malaria-gevalle

Loading player...
Die Zambezi-streek worstel met ’n toename in malaria-voorvalle ná onlangse oorstromings, met meer as 12 000 bevestigde gevalle. Die gesondheidsministerie prioritiseer kwesbare groepe, insluitend kinders onder vyf, jongmense onder 15, en swanger vroue. Slegs 2 000 muskietnette is versprei, terwyl minstens 15 000 nodig is, sê Zambezi se gesondheidsdirekteur, Woita Kapumburu. Gesondheidspanne is in die geraakte areas ontplooi, hoewel ’n tekort aan vervoer operasies bemoeilik. Inisiatiewe vir waterfiltrering en veldwerk is aan die gang, maar amptenare waarsku dat malaria-voorvalle kan aanhou styg namate die vloedwaters voortduur. Kampumburu het meer:
4 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min