Artemis II beleef donker kant van maan

Loading player...
Artemis II-ruimtevaarders aan boord van Orion het reeds tweederdes van hul reis na die maan voltooi, met ’n maanverbyvlug wat vir môre geskeduleer is. Teen bykans 3 300 km per uur, is die bemanning tans meer as 304 kilometer van die aarde af, met nog sowat 149 000 kilometer oor. Die sending deel foto’s met Nasa oor maanoppervlaktes wat nog nooit deur die mens vasgevang is nie. Die bemanning van vier het Saterdag vir die eerste keer met die donkerkant van die maan kennis gemaak. Christina Koch, die enigste vrou aan boord, het dié oomblik só beskryf:
5 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min