Daniel blameer droogte vir mens-dier konflik

Loading player...
Konflik tussen mens en wild bly 'n kritieke uitdaging in Namibië, met meer as 1 400 aanvalle en 10 sterftes wat gedurende 2025 en 2026 aangemeld is. Die minister van omgewing, Indileni Daniel, sê die hoë aantal voorvalle word veral gedryf deur die droogte. Daniel het in die parlement gesê die droogte het die kompetisie vir skaars water en weidingsbronne verskerp, wat olifante en roofdiere nader aan menslike nedersettings dryf.
7 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Piesangs kan groot vrugte in Noorde afwerp

Die Namibiese Akkerbouraad het onlangs 'n piesang oes-demonstrasie en -opleiding by Zambali Lodge in Katima Mulilo aangebied. Die raad is positief dat piesangverbouing lewensvatbaar in Namibië is. Die raad se woordvoerder, Liseli Mwilima, deel meer inligting met Kosmos 94.1 Nuus.
1 Jul 12PM 1 min

Migrantbetogings: Meer as 900 in boeie

Die Nasionale Gesamentlike Bedryfs- en Intelligensiestruktuur sê die meerderheid van Dinsdag se landwye betogings was vreedsaam en 108 van die 120 optogte was sonder voorval. Meer as 900 mense is in hegtenis geneem vir onder meer openbare geweldpleging, plundering, sake-rooftogte en immigrasie-verwante oortredings. Adjunk-nasionale polisiekommissaris, Tebello Mosikili, het op 'n…
1 Jul 11AM 1 min

Filmkommissie se streek-roadshow eindig môre

Die Namibiese Filmkommissie sal môre sy 2026 Streeksfilm-Roadshow afsluit in Windhoek met die vertoning van drie plaaslik befondsde films, Mindful Maestros, Connection, en One More Win. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die kommissie se woordvoerder, Nicola Muranda, dat die roadshow 'n sukses was om Namibië se groeiende…
1 Jul 11AM 1 min

Staatsondernemingspele begin môre op Rundu

Die 2026 Staatsondernemingspele sal na verwagting 'n beduidende ekonomiese inspuiting vir Rundu beteken wanneer die multi-sportbyeenkoms môre afskop. Meer as 4 000 deelnemers van 47 staatsondernemings sal ekonomiese aktiwiteit in die dorp stimuleer en plaaslike akkommodasieverskaffers, restaurante, kleinhandelaars en ander ondernemings bevoordeel. Deelnemers sal in agt sportkodes meeding tydens die…
1 Jul 11AM 1 min

Goedkoper brandstof gaan prysmonster effe briek

Reaksie word ontvang op die energieminister se aankondiging vanmiddag dat brandstofpryse Vrydag verlaag gaan word. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm se ekonoom, Almandro Jansen, gepraat wat sê dat Brent-ru-oliepryse aansienlik gedaal het vanaf die hoë vlakke wat aan die begin van die konflik in die Midde-Ooste aangeteken is…
1 Jul 10AM 1 min