Nuwe riglyne vir pluimvee, beskerming vir plaaslike produsente

Loading player...
Die handelsministerie het vorige pluimvee-invoerbeperkings herroep om plek te maak vir 'n nuwe ondersteuningstelsel vir plaaslike boere. Dit kom na jare se smokkelary van ingevoerde hoender met plaaslike produsente wat teen duurder produseer en groot uitdagings ervaar het. Ingevolge die huidige riglyne mag die hoeveelheid pluimveeprodukte wat 'n invoerder die land inbring, nie die hoeveelheid oorskry wat hulle in die voorafgaande 30 dae van plaaslike produsente gekoop het nie. Vir elke kilogram wat ingevoer word, moet 'n kilogram in wese plaaslik verkry word. Enigiemand wat pluimvee die land wil inbring sal nou by die Lewendehawe- en Lewendehawe-produkteraad moet registreer en 'n geldige invoerpermit moet kry, gebaseer op nuwe toewysingsreëls. Die raad se Desmond Cloete verduidelik.
8 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min