Vakbonde is nie gekoppel aan partye nie - MUN

Loading player...
Druk neem toe vir 'n groot verskuiwing in Namibië se arbeidsregte-landskap, terwyl parlementslede debatteer of vakbonde heeltemal onafhanklik van politieke partye moet wees. Tydens die justisie en arbeidsverhoudinge-ministerie se 2026/27-begrotingsbesprekings het sommige LP's aangevoer dat Swapo-gekoppelde vakbonde die regte en billike verteenwoordiging van werkers in gevaar stel. Hulle vra vir 'n enkele, verenigde liggaam om alle staatsdienswerknemers te verteenwoordig. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die Mynwerkersunie van Namibië George Ampweya gepraat, wat bewerings verwerp dat die vakbond aan 'n politieke party gekoppel is.
9 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min