Walvis is Saterdag gasheer vir 4x4 Vasbyt

Loading player...
Die heel eerste 4x4 Vasbyt saam met motorfietse tref die duine van Walvisbaai hierdie Saterdag, 11 April. Die geleentheid beloof hoë-oktaan aksie terwyl Namibië se topbestuurders uitmergelende hindernisse aanpak, en vir die eerste keer ooit sal MX-fietswedrenne op dieselfde baan gehou word. Die aksie begin om 8-uur die oggend by die Motorsport Park. Toegang is 50 Namibiese dollar vir volwassenes en 20 dollar vir studente. Deelnemer en voorsitter van Vasbyt Namibië, Nico Oberholzer, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
10 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min