MVA sal sukkel met pasiënt behandelings as heffings gesny bly

Loading player...
Die Motorvoertuig-ongelukkefonds sê die 50 persent-vermindering in die brandstofheffing wat vir drie maande ingestel is, sal lei tot 'n inkomstetekort van 74 miljoen Namibiese dollar. Die fonds vorder normaalweg sowat 48 miljoen dollar per maand uit die heffing in, met eisuitgawes van 31 miljoen dollar, wat slegs 17 miljoen dollar vir bedrywighede oorlaat. Met die heffing nou gehalveer, daal die maandelikse inkomste tot 24 miljoen dollar. Fondswoordvoerder John Haufiku het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel hulle die verligtingsmaatreël ondersteun, 'n verlenging van die verlaging tot meer as drie maande rampspoedig kan wees.
10 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min