ANC en SAKP se steun sal beide daal - ontleder

Loading player...
Politieke ontleders voorspel dat beide die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party waarskynlik nie verkiesings sal wen nie as gevolg van verdeelde kiesersteun in die komende plaaslike regeringsverkiesings na mislukte alliansiegesprekke. Die politieke ontleder, Zamo Mbandlwa sê beide partye se steun kom uit dieselfde kiesersbasis, wat die fragmentasie verhoog. Hy het aan Newzroom Afrika gesê interne verdeeldheid, splinterpartye en regeringspanning, sal hulle oorheersing aanhou in die verkiesing laat verswak:
13 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min