Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê wetstoepassingsagentskappe is heeltemal voorbereid om die land veilig te hou, lewens en eiendom te beskerm en wet en orde te handhaaf. Dit is in aanloop tot beplande betogings wat vandag landwyd teen onwettige migrasie beplan word. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê Dimpane het…
Andy Burnham wat moontlik die volgende Britse eerste minister gaan wees, het beloof om die grootste magsverandering ooit in die land te verseker. Hy het verlede Maandag aangekondig dat hy teen Keir Starmer gaan staan vir eerste minister. Burnham sê hy gaan ʼn Nommer 10 Noord vestig as middelpunt van…
Andrada Mining het 'n rekord kwartaallikse tinproduksie van 286 ton by sy Uis-myn behaal gedurende die kwartaal geëindig 31 Mei 2026. Die maatskappy het ook bemoedigende litiumboorresultate by Lithium Ridge aangekondig, insluitend grade van tot 3,46 persent litiumoksied, terwyl ertsorteringstoetse by Brandberg-Wes dui op 'n potensieel laekoste-roete na produksie vir…
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die land het nie ʼn tekort aan regsraamwerke om seksuele geweld in skole te hanteer nie. Die probleem is fragmentasie, vertraagde integrasie en ongelyke toepassing. Die kommissie het ʼn verslag vrygestel wat op ʼn verstommende toename in gevalle van seksuele geweld teen leerders by skole dui…
Die Namibiese Statistieke-agentskap fokus op die modernisering van databronne en die nuutste tegnologie. Hulle het die stap gevat deur 'n streeksveldtog van stapel te stuur, om nasionale data-insameling te hersien, en beklemtoon dat hoëgehalte-statistieke noodsaaklik is vir die bereiking van Visie 2030 en ontwikkelingsplanne.Hierdie inisiatief stel 'n nasionale strategie vir…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.