John Dobson looi kritici van Stormers-spelers

Loading player...
Rugby: Die Stormers se afrigter, John Dobson, het kritiek op sy spelers as heeltemal ongegrond en neerdrukkend beskryf. Die span is hewig gekritiseer omdat hulle nie die bal wyd beweeg het teen 13 man nie, terwyl losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu ook gestriem is omdat hy nie 'n skepdoelkans benut het voor die pale in hul nederlaag teen Toulon in die Kampioenebeker nie. Dobson sê dis belaglik om Feinberg-Mngomezulu te beskuldig:
14 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min