UDM-leier Holomisa onderskryf Roelf Meyer

Loading player...
Die adjunkminister van Verdediging en Militêre Veterane en UDM-leier, Bantu Holomisa, het volle vertroue in Roelf Meyer as Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Amerika. Die 78-jarige voormalige Nasionale Party-politikus het 'n sleutelrol gespeel in die onderhandelinge wat tot die einde van apartheid gelei het, en het ook gedien in die regering van nasionale eenheid onder Nelson Mandela. Holomisa het aan die SABC gesê Meyer se diplomatieke ervaring sal deurslaggewend wees:
15 Apr 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NTB versterk Chinese toerisme

Namibië het 29 158 besoekers uit China in 2025 verwelkom, wat China die land se agtste grootste oorsese toerismebronmark maak en 0,8 persent van die totale toeriste-aankomste uitmaak. Flora Quest, woordvoerder van die Namibiese Toerismeraad, sê die versterking van vennootskappe met Chinese toerismebelanghebbendes bly 'n sleutelprioriteit in die raad se…
30 Jun 1AM 1 min

Spoedbreker-uitspraak vandag verwag

Uitspraak in aktivis Michael Amushelelo se dringende aansoek teen vervoerminister Veikko Nekundi se spoedbrekers op die Westelike Verbypad en die A1-hoofweg sal vanoggend in die hoërhof deur regter Gabriel Komboni gelewer word. Kosmos 94.1 Nuus het met bestuurskenner Pius Dunaiski gepraat, wat sê die reg moet nou na vore tree…
30 Jun 12AM 1 min

Migrantprotes: Plaaslike vervoerders sit stappe uiteen

Reaksie word ontvang op die moontlike vertraging van Suid-Afrikaanse vragoperateurs se aflewerings. Die logistieke bedryf in Suid-Afrika beplan alternatiewe roetes en oorweeg bykomende sekerheidsmaatreëls vir vandag se beplande betogings teen migrante. FP du Toit Transport in Namibië doen dieselfde. Leodolf Swanepoel, uitvoerende hoof, het aan Kosmos 94.1 Nuus die stappe…
30 Jun 12AM 1 min

Nuwe hervestigingsbeleid spreek nie onproduktiewe plase aan nie

Reaksie word ontvang van die Hersiene Nasionale Hervestigingsbeleid 2023–2033 wat as 'n belangrike mylpaal in Namibië se grondhervormingsprogram beskryf word. Volgens landbouminister, Inge Zaamwani, sal die hersiene beleidsraamwerk reageer op uitdagings soos klimaatsverandering, die toenemende vraag na grond, jeugwerkloosheid en die behoefte om landbouproduktiwiteit te verbeter. Politici lewer kritiek en…
29 Jun 11PM 1 min

Burgerlike groep Sanco ondersteun klagtes oor immigrante

Die Suid-Afrikaanse nasionale burgerorganisasie, Sanco, sê hulle ondersteun gemeenskapsbekommernisse oor onwettige immigrasie en beweer dit beïnvloed werksgeleenthede, klein sakeondernemings, veiligheid en basiese dienste. Dit volg nadat groepe teen onwettige migrasie, insluitend March and March, na verwagting vandag optogte teen onwettige immigrante sal lei, met protesoptogte wat in verskeie dorpe verwag…
29 Jun 11PM 1 min