Slenter duik reeds in NamPol-konstabelwerwing op

Loading player...
Die Namibiese polisie werf 1 000 kadetkonstabels maar ‘n slenter het reeds sy kop uitgesteek. Aansoekers sonder 'n kriminele rekord kan aansoeke teen 13 Mei via hul naaste polisiestasie indien. Meer besonderhede is op NamPol se Facebook-blad en webwerf. Nampol-woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat daar nie vir aansoeke of poste betaal word nie, en dring daarop aan dat aansoekers waaksaam moet wees teen bedrog.
15 Apr 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VN monitor optogte in SA

Die Verenigde Nasies sê hy gaan betogings teen ongedokumenteerde immigrasie in Suid-Afrika noukeurig monitor. Teen-migrasiegroepe, insluitend March and March en Operasie Dudula, gaan na verwagting vandag massabetogings teen onwettige immigrasie regoor die land hou. VN-woordvoerder Stéphane Dujarric sê dit is belangrik dat betogings kalm en beheersd bly, met volle respek…
30 Jun 1AM 1 min

NTB versterk Chinese toerisme

Namibië het 29 158 besoekers uit China in 2025 verwelkom, wat China die land se agtste grootste oorsese toerismebronmark maak en 0,8 persent van die totale toeriste-aankomste uitmaak. Flora Quest, woordvoerder van die Namibiese Toerismeraad, sê die versterking van vennootskappe met Chinese toerismebelanghebbendes bly 'n sleutelprioriteit in die raad se…
30 Jun 1AM 1 min

Spoedbreker-uitspraak vandag verwag

Uitspraak in aktivis Michael Amushelelo se dringende aansoek teen vervoerminister Veikko Nekundi se spoedbrekers op die Westelike Verbypad en die A1-hoofweg sal vanoggend in die hoërhof deur regter Gabriel Komboni gelewer word. Kosmos 94.1 Nuus het met bestuurskenner Pius Dunaiski gepraat, wat sê die reg moet nou na vore tree…
30 Jun 12AM 1 min

Migrantprotes: Plaaslike vervoerders sit stappe uiteen

Reaksie word ontvang op die moontlike vertraging van Suid-Afrikaanse vragoperateurs se aflewerings. Die logistieke bedryf in Suid-Afrika beplan alternatiewe roetes en oorweeg bykomende sekerheidsmaatreëls vir vandag se beplande betogings teen migrante. FP du Toit Transport in Namibië doen dieselfde. Leodolf Swanepoel, uitvoerende hoof, het aan Kosmos 94.1 Nuus die stappe…
30 Jun 12AM 1 min

Nuwe hervestigingsbeleid spreek nie onproduktiewe plase aan nie

Reaksie word ontvang van die Hersiene Nasionale Hervestigingsbeleid 2023–2033 wat as 'n belangrike mylpaal in Namibië se grondhervormingsprogram beskryf word. Volgens landbouminister, Inge Zaamwani, sal die hersiene beleidsraamwerk reageer op uitdagings soos klimaatsverandering, die toenemende vraag na grond, jeugwerkloosheid en die behoefte om landbouproduktiwiteit te verbeter. Politici lewer kritiek en…
29 Jun 11PM 1 min