Engeland se Stokes ontken onmin met afrigter

Loading player...
Krieket: Engeland se kaptein, Ben Stokes, ontken gerugte van onmin met afrigter Brendon McCullum en sê hulle het 'n gedeelde visie vir die span. Hulle verhouding is onder die vergrootglas geplaas na Engeland se nederlaag van 4-1 in die stryd om die As in Australië. Hulle kontrakte strek tot volgende jaar wanneer die volgende As en die Wêreldbekertoernooi voorlê. Stokes is vol vertroue in hul vermoë om saam te werk:
15 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NTB versterk Chinese toerisme

Namibië het 29 158 besoekers uit China in 2025 verwelkom, wat China die land se agtste grootste oorsese toerismebronmark maak en 0,8 persent van die totale toeriste-aankomste uitmaak. Flora Quest, woordvoerder van die Namibiese Toerismeraad, sê die versterking van vennootskappe met Chinese toerismebelanghebbendes bly 'n sleutelprioriteit in die raad se…
30 Jun 1AM 1 min

Spoedbreker-uitspraak vandag verwag

Uitspraak in aktivis Michael Amushelelo se dringende aansoek teen vervoerminister Veikko Nekundi se spoedbrekers op die Westelike Verbypad en die A1-hoofweg sal vanoggend in die hoërhof deur regter Gabriel Komboni gelewer word. Kosmos 94.1 Nuus het met bestuurskenner Pius Dunaiski gepraat, wat sê die reg moet nou na vore tree…
30 Jun 12AM 1 min

Migrantprotes: Plaaslike vervoerders sit stappe uiteen

Reaksie word ontvang op die moontlike vertraging van Suid-Afrikaanse vragoperateurs se aflewerings. Die logistieke bedryf in Suid-Afrika beplan alternatiewe roetes en oorweeg bykomende sekerheidsmaatreëls vir vandag se beplande betogings teen migrante. FP du Toit Transport in Namibië doen dieselfde. Leodolf Swanepoel, uitvoerende hoof, het aan Kosmos 94.1 Nuus die stappe…
30 Jun 12AM 1 min

Nuwe hervestigingsbeleid spreek nie onproduktiewe plase aan nie

Reaksie word ontvang van die Hersiene Nasionale Hervestigingsbeleid 2023–2033 wat as 'n belangrike mylpaal in Namibië se grondhervormingsprogram beskryf word. Volgens landbouminister, Inge Zaamwani, sal die hersiene beleidsraamwerk reageer op uitdagings soos klimaatsverandering, die toenemende vraag na grond, jeugwerkloosheid en die behoefte om landbouproduktiwiteit te verbeter. Politici lewer kritiek en…
29 Jun 11PM 1 min

Burgerlike groep Sanco ondersteun klagtes oor immigrante

Die Suid-Afrikaanse nasionale burgerorganisasie, Sanco, sê hulle ondersteun gemeenskapsbekommernisse oor onwettige immigrasie en beweer dit beïnvloed werksgeleenthede, klein sakeondernemings, veiligheid en basiese dienste. Dit volg nadat groepe teen onwettige migrasie, insluitend March and March, na verwagting vandag optogte teen onwettige immigrante sal lei, met protesoptogte wat in verskeie dorpe verwag…
29 Jun 11PM 1 min