GOOD sê Roelf Meyer se aanstelling moet Trump se regering paai

Loading player...
Die GOOD-party sê dis ʼn slim plan om ʼn wit Afrikaner-man wat bande gehad het met die apartheidsregering na Washington te stuur om president Donald Trump se regering te paai. Die party het gereageer op Roelf Meyer se aanstelling as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Meyer se ervaring as onderhandelaar van die land se politieke bestel en nuwe Grondwet, gee hom ʼn vaste grondslag om die leuens oor volksmoord verkeerd te bewys:
16 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min