Julius op waarskuwing vrygelaat hangend appèlaansoek

Loading player...
Die leier van die EFF, Julius Malema, is op waarskuwing vrygelaat in die landdroshof in KuGompo City in the Oos-Kaap hangend sy appèlaansoek, wat binne 21-dae ingedien moet word. Hy is vandag vyf-jaar tronkstraf opgelê. Malema se regsverteenwoordiger, Laurence Hodes, het bevestig sy kliënt sal voldoen aan alle voorwaardes sedert hy in 2019 borgtog toegestaan is. Landdros Twanet Olivier sê Malema se status bly onveranderd tot die appèlproses afgehandel is:
16 Apr 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min